Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Die avonture van Kuifie – In die land van die swart goud

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 130.00

Quick Overview

Verskyningsdatum: Julie 2020


Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.


Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).


In In die land van die swart goud  is daar ’n epidemie van motorenjins wat ontplof, vermoedelik weens ’n probleem met die brandstof. Kuifie, Brits en Britz vertrek na die olievelde van Khemed om ondersoek in te stel. Verskeie struikelblokke staan in hulle pad: Met hulle aankoms word hulle vir misdadigers aangesien, en later kom hulle amper om in die woestyn. Die Britsze en Kuifie se hulp word ingeroep toe emir Mohammed Ben Kalish Ezab se seun, Abdallah, ontvoer word. Tussendeur probeer hulle steeds die raaisel van die ontploffende brandstof oplos.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.

Additional Information

Book Condition New/Nuut
SKU 9781485311058
Author Hergé (outeur); Sonya van Schalkwyk-Barrois (vertaler)
Dimensions 220 x 295 mm
Format Sagteband
Pages 62
Published Date 1 Jun 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Strokiesverhaal
Series Die avonture van Kuifie

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.