Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Die goorgomgaai

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 150.00

Quick Overview

Vandat Die goorgomgaai die eerste keer 20 jaar gelede as The Gruffalo verskyn het, het dit ‘n internasionale klassieke kinderboek geword. Meer as 13.5 miljoen kopieë van die boek is wêreldwyd verkoop. Dit is in 76 tale wêreldwyd vertaal.


 


AGTERGROND


“’n Muis gaan stap deur die donker bos.


’n Vos sien die muis en hy dink aan kos.”


Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy ’n vos, ’n uil én ’n honger goorgomgaai raakloop …

OR

Details

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

 Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” 2011–2013 en het al meer as 100 boeke vir kinders geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Axel Scheffler is ’n illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

Ander titels van dié skrywer-en-illustreerder-paar wat in Afrikaans by Protea Boekhuis beskikbaar is: Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016) en Die Stories uit die Eikehout (2016), Amok op ’n besemstok (2018)

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485311379
Author Julia Donaldson (outeur); Axel Scheffler (illustreerder); Philip de Vos (vertaler)
Dimensions 270 x 216 mm
Format Hardeband
Pages 32
Published Date 9 Jul 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Prenteboeke (2–8 jaar)
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.