Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Die knorrige kwêvoël

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 150.00

Quick Overview

“Kwêvoël sit rustig in haar nes hoog daar bo,
met haar grys opwipkuif en haar wakker kraaloë.”


Die ander voëls wil graag met haar speel en gesels, maar Kwêvoël wil net uitgelos word.
Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwêvoël dat ons almal ’n vriend of twee nodig het.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

JULIA DONALDSON het van die wêreld se mees geliefde prenteboeke geskryf, soos die The Gruffalo (in Afrikaans deur Philip de Vos vertaal as Die goorgomgaai) en What the Ladybird Heard. Van 2011 tot 2013 was sy Brittanje se Children’s Laureate en het sy ’n Orde van die Britse Ryk ontvang vir haar bydrae tot kinderliteratuur. Julia en haar man, Malcolm, verdeel hul tyd tussen Wes-Sussex en Edinburgh en reis graag. Julia was baie in haar noppies toe sy tydens ’n besoek aan Suid-Afrika die geroep van ’n kwêvoël met haar eie ore gehoor het, maar sy is glad nie so gretig om ’n honger grypklouvoël teë te kom nie.

CATHERINE RAYNERis ’n bekroonde skrywer en illustreerder. Sy het illustrasie aan die Edinburgh College of Arts gestudeer, en woon steeds in dié stad saam met haar man en twee seuns. In 2008 is Catherine aangewys as een van BookTrust se tien Beste Nuwe Illustreerders, en in 2009 het sy die gesogte CILIP Kate Greenaway-medalje gewen.

 

OOR DIE VERTALER

JACO JACOBS het B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, en daarna as uitgewer by ’n bekende uitgewery. Deesdae spits hy hom voltyds op skryf- en vertaalwerk toe. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as 170 boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf. 

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485311386
Author Julia Donaldson (outeur); Catherine Rayner (illustreerder); Jaco Jacobs (vertaler)
Dimensions 280 x 250 mm
Format Hardeband
Pages 36
Published Date 9 Jul 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Prenteboeke (2–8 jaar)
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.