Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Die verdriet van België

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 395.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Die verdriet van België omvat die tydperk 1939–1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van ’n kleurryke en verbysterende familie.


Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ’n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is ’n komplekse en meesleurende roman.


Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Hugo Maurice Julien Claus (Brugge5 April 1929 – Antwerpen19 Maart 2008) was ’n Vlaamsdigter, skrywer, skilder en filmmaker. Hy staan ook bekend as die mees bekroonde outeur in die Nederlandse taalgebied. Tydens sy lang loopbaan, skryf Claus duisende gedigte, tientalle toneelstukke en diverse romans, waarvan sy bekendste meesterwerk Die verdriet van België uit 1983 is.

 

OOR DIE VERTALER

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 16 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal. 

Additional Information

Book Condition New/Nuut
SKU 9781485307662
Author Hugo Claus (outeur); Daniel Hugo (vertaler)
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband
Pages 728
Published Date 1 May 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Roman
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.