Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Die vyfde mevrou Brink

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 265.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Verskyningsdatum: Junie 2020


Die vyfde mevrou Brinkis Karina M. Szczurek se memoir van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P. Brink. Die Pools gebore Karina was sewe-en-twintig toe sy dié bekroonde skrywer, twee-en-veertig jaar ouer as sy, ontmoet het en hulle daarna ’n dekade lank bymekaar was. Sy skryf oor hulle verhouding: van die eerste ontmoeting in Wene, Oostenryk, haar verhuising oor vastelande heen om by hom te wees in Kaapstad, hoe sy standvastigheid in hulle huwelik gevind het, tot hoe sy uiteindelik die uitdagings van André se kwynende gesondheid in die laaste paar jare van sy lewe moes hanteer.


Hierdie openhartige vertelling is die verhaal van twee skrywersgeeste – ’n huldeblyk aan ’n huwelik wat tragies kortgeknip is, maar ook aan ’n liefde wat ’n leeftyd sal hou.


Die boek is uit die Engels (The Fifth Mrs Brink) vertaal deur Erika Viljoen.

OR

Details

Oor die skrywer

Karina is in Jelenia Góra, Pole, gebore en het in Oostenryk, die VSA en Wallis gebly voordat sy ’n tuiste in Suid-Afrika gevind het. Sy is ’n redakteur, skrywer, literêre kritikus en die stigter van Karavan Press, ’n onafhanklike uitgewershuis. In 2020 vestig sy die Philida-letterkundeprys wat jaarliks toegeken word aan oeuvres wat literêre uitnemendheid toon. Sy woon in Kaapstad met haar katgesin.

Additional Information

Book Condition New/Nuut
SKU 9781485310464
Author Karina M. Szczurek
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband met flappe
Pages 264
Published Date 1 Jun 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Memoir
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.