Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Erfgeld is swerfgeld

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 250.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Johannes Bakkes is die geliefde skrywer van andersoortige reisverhale soos Ons is moertoe en Norrevok. Hierdie boek is meer persoonlik; hier skryf hy homself oop. Die subtitel is Reis na binne, die -ste -ste plek – hy is altyd op soek na die koudste, warmste, hoogste, droogste plek om te besoek. Hier word humoristiese vertellings oor sy reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings. Hy en sy seun vind aanklank tydens nog ’n onbesonne reis. Sy liefde vir sy familie is tasbaar. Gerrit Rautenbach noem die manuskrip “sy beste skryfwerk nog” en “blootstellend anders” Bakkes lê homself bloot in sy weerloosheid, vrees en krankheid. Hy wys wie hy was in die ou bedeling en hoe hy probeer hand bysit in die nuwe bedeling, wat hy nie gekies het nie. Dis ’n dapper, aangrypende reis vol humor en deernis.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Casparus Johannes Bakkes is 'n  skrywer van veral reissketse.Hy is op 21 Oktober 1956 in Stellenbosch gebore as die oudste van vier kinders van die bekende skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige dr. Casparus Marius Bakkes. Hy is 'n rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook 'n wêreldreisiger en toergids. Hy is met die kunstenaar Nanna Vorster-Bakkes getroud. Sy broer, Christiaan Bakkes, is ook ’n skrywer.

Publikasies:

Moer toe die vreemde in (2001), Nou's ons in ons donner in (2006), Norrevǿk (2008), To Hell and Gone  (Engelse vertaling van sy eerste twee boeke; 2008), samoe(r)sa reis (2010), Oepse Daisy (2011), Openbaring (2016)

Additional Information

Book Condition New
SKU 9781485311225
Author Johannes C. Bakkes
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 304
Published Date 1 Apr 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Outobiografie
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.