Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Melkweg

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 195.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Verskyningsdatum: Junie 2020


Op een van die laaste somerdae sit drie kinders in hul klubhuis op die muur rondom Ou Yster CV: Oskar, sy ouer broer Bossie en hul vriendin Gesie. Die klubhuis het nie ’n dak of mure nie, en ook niks anders wat by ’n klub pas nie. As hulle afkyk, is daar geen teken van die avonture wat op hulle wag nie.


Al wat hulle sien, is Melkweg, ’n rustige straat waar ’n bejaarde vrou haar stokou worshond uitlaat. Dis asof die tyd stilstaan en dit altyd somer sal bly.


Dan stel Bossie voor dat hulle ’n weddenskap hou, en skielik is alles in rep en roer.


“Almal moet Melkweg lees. Pa’s, Ma’s en hul kinders. En verkieslik saam. Hulle moet hul arms om mekaar se skouers sit en dit geniet – hierdie pragtige, intieme verhaal oor ’n doodgewone gesin wat mekaar net nie kan verstaan nie.” – De Morgen

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Bart Moeyaert(1964 –) is bekend as ’n kinder- en jeugboekskrywer, digter en toneelskrywer. In 2002 was hy ’n finalis vir die Internasionale Hans Christian Andersen Prys. In 2019 ontvang hy ook die Astrid Lindgren-prys. Sy boeke is reeds in meer as 19 tale vertaal. Sedert 2003 is hy ’n dosent in Kreatiewe Skryfwerk aan die Konservatorium in Antwerpen. Hy woon in Antwerpen, waar hy ook in 2006 en 2007 die stadsdigter was. 

OOR DIE VERTALER

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005 ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 by Protea Boekhuis verskyn.

Additional Information

Book Condition Nuut/New
SKU 9781485310396
Author Bart Moeyaert (outeur); Zandra Bezuidenhout (vertaler)
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband
Pages 152
Published Date 1 Jun 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Kinderboek
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.