Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Ouma is 'n Kroek (herdruk)

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 175.00

Quick Overview

“Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma:



  • Sy het grys hare.

  • Sy het vals tande.

  • Sy druk gebruikte snesies in haar mou op.

  • En … sy’s ’n internasionale juweeldief!”


“In hierdie juweel van ’n boek kombineer Walliams skreeusnaakse komedie en ’n emosionele boodskap meesterlik.”


Daily Mail


“Enigiemand wat dink oumas dra net ligpers en speel Krabbel sal hardop lag.”


Telegraph


“Bou voort op Roald Dahl se tradisie van humor en oneerbiedigheid.”


Courier Mail, Australië

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover in 40 tale verskyn, en sal eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar wees! Daar het reeds meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk verkoop.

Mr Stink, The Boy in the Dress enGangsta Granny (Ouma is ’n kroek, Protea 2015) is aangepas vir Britse televisie en Billionaire Boy sal teen Kersfees 2015 op die kassie te sien wees. Ratburger (Rotburger, Protea 2015) en Demon Dentist het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl en het onlangs die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans gewen vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem; Hoe om Drakonees te praat. Hy het ook ’n Artes-toekenning ontvang en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK Oorklanking. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485304456
Author David Walliams
Dimensions 127 mm x 197 mm
Format Paperback / softback
Pages 244
Published Date 15 Nov 2015
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Children's Fiction
Series No

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.