Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n huldiging

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 200.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Beskikbaar Februarie 2020!


Hierdie publikasie is die sesde in ’n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as ’n eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ’n besonderse prestigewaarde en is dit vandag ’n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G .du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in.


            Reza de Wet: Die dramaturg as dromer  bestaan uit twee dele. In Deel I word ’n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie. In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu.

OR

Details

OOR REZA DE WET

Reza de Wet (1952–2012) se vroeë afsterwe het ’n groot leemte gelaat binne die Suid-Afrikaanse teatergemeenskap, maar ook in internasionale teaterkringe waar haar werk veral in Engeland gewild was. Sy was ’n gerekende aktrise en regisseur, maar word veral onthou as dramaturg. Sy het talle dramas in beide Afrikaans en Engels geproduseer, self van haar werk vertaal, terwyl haar dramas ook in verskeie tale vertaal is. Sy is twee keer met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys vir drama bekroon en het ook talle ander literêre- en teaterpryse ontvang. Haar eiesoortige en unieke aanslag kan moeilik in enkele woorde (magies, sprokiesagtig, misterieus, misties, grotesk, Goties) vasgevat word, maar dalk omvat die woord dromer iets van haar bowêreldse persona – een waarby meeste lesers en toeskouers aanklank gevind het.

 

OOR DIE REDAKTEURS

Temple Hauptfleisch is ’n sosiolinguis, teaternavorser en dramaturg. Hy was oor die jare onder andere hoof van die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Teaternavorsing (SESAT) by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), voorsitter van die Drama Departement by Stellenbosch Universiteit en medestigter en redakteur van die South African Theatre Journal. Hy word ná sy aftrede by Stellenbosch Universiteit in 2011 emeritus professor en die stigter, hoofredakteur en projekleier van die aanlyn Encylopaedia for South African Theatre, Film, Media and Performance (ESAT).

Marisa Keuris is ’n professor in algemene literatuurwetenskap aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA). Haar navorsingswerk fokus op kontemporêre drama- en teaterstudies. Sy het in beide Afrikaans en Engels gepubliseer oor die werke van bekende Suid-Afrikaanse dramaturge (o.a. Reza de Wet, Yaël Farber, Pieter Fourie, Athol Fugard, Harry Kalmer, Deon Opperman, Adam Small en Janet Suzman). Vanaf 2012 lei sy ’n projek getitel SA drama- en teaterbewaring, wat ten doel het om groter bewuswording te skep vir die argivering van die Suid-Afrikaanse uitvoerende kunste.

Additional Information

Book Condition New
SKU 9781485311034
Author Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)
Dimensions 152 x 222 mm
Format Sagteband
Pages 224
Published Date 15 Feb 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Huldigingsbundel – persoonlike herinneringe + akademiese artikels
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.