Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Ek is Hendrik Witbooi

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 295.00

Quick Overview

In 1884 begin Hendrik Witbooi en sy Namavolk met ’n profetiese trek na die vrugbare noorde om aan die droogte van die Kalahariwoestyn te ontsnap. Terselfdertyd stap die keiserlike afgevaardigde dr. Göring sowat ’n honderd kilometer daarvandaan aan land in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika – die huidige Namibië.


Daarop volg ’n stryd om lewe en dood tussen die Duitse Schutztruppe en die Afrikane wat vir hul onafhanklikheid veg. 


Die honderde briewe wat deur Hendrik Witbooi aan Duitse goewerneurs, Engelse magistrate en Afrikaleiers geskryf is, het aan Conny Braam unieke insig gegee in die wêreld van Witbooi: sy liefde vir die ou volk van die Khoisan, die leringe van sendeling Olpp, sy verontrusting oor die Westerse kredietstelsel wat van sy volk slawe sou maak en sy intense verdriet toe hy besef dat keiser Wilhelm II die totale vernietiging van die opstandige inheemse bevolking eis.


In 1904 lei die tagtigjarige Hendrik nog een keer die opstand teen die Duitse koloniale leër. Hy sou die geskiedenis ingaan as een van die grootste vryheidstryders wat Afrika geken het. 


“’n Verhaal wat onder geen omstandighede vergeet mag word nie.” – Trouw

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Conny Braam was mede-oprigter en jarelange voorsitter van die Anti-Apartheids Beweging Nederland. In 1992 debuteer sy met Operatie Vula (1992).

 

OOR DIE VERTALER

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005 ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 Protea Boekhuis verskyn.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485310075
Author Conny Braam
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 384
Published Date 1 Jul 2019
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Roman
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.