Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Tebatso gaan see toe

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 215.00

Quick Overview

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar's troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier - en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie.
OR

Details

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar's troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier - en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self 'n enkelma van drie kinders (haar man is dood in 'n mynongeluk), is so te se 'n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas. Wanneer die uitgebreide familie besluit om 'n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die "wit" strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook 'n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ander maniere is om na die wereld te kyk as dit wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik - en ook die wat toelaat dat hulle misbruik word. Sy ontmoet 'n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wereldjie waarin sy nog altyd geborge voel ... en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom "baas" noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485309475
Author Maya Fowler
Dimensions 137 mm x 213 mm
Format Paperback / softback
Pages 232
Published Date 1 Sep 2018
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre General & Literary Fiction
Series N/A

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.