Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Reise met Schoeman

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 250.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Verskyningsdatum: Junie 2020


Reise met Schoeman het ontstaan uit ’n jare lange e-poskorrespondensie tussen die outeur en Karel Schoeman (1939–2017). Die lande waar hulle albei gereis of gewoon het was dikwels die onderwerp van hul kommunikasie. Ná Schoeman se dood het daar ’n persoonlike gemis ontstaan, die behoefte om daaraan uiting aan te gee en terselfdertyd die idee dat daar ’n vertelling kan wees oor dié aspekte van die skrywer wat sy lesers moontlik nie ken nie. Ria klee die stories oor Ierland, Skotland, Suid-Afrika en Amsterdam in met haar eie belewenisse waarin sy Karel Schoeman herdenk. Tydens die skryf van die boek het sy plekke en mense opgesoek wat hom geken het en wat die gemis aan hom met haar deel.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Ria Winters is ’n Nederlands historikus en kunsskilder. Haar publikasies behels wetenskaplike artikels en monografieë oor die ekologiese geskiedenis van Mauritius en die VOC se rol in die verskeping van Asiatiese en Afrikaanse diere via die Kaap na Amsterdam. Die afgelope paar jaar is haar belangstellingsveld die Suid-Afrikaanse kultuur en literatuur. Hierdie belangstelling het gelei daartoe dat sy haar meestergraadstudie by die African Studies Center van die Universiteit Leiden doen.

Additional Information

Book Condition New/Nuut
SKU 9781485310631
Author Ria Winters
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband
Pages 264
Published Date 1 Jun 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Reisverhaal
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.