Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Wild & Klippe wat val

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 200.00

Quick Overview

Wild


In Wild word ’n jong meisie, Vlooi op ’n plattelandse dorp in ‘n hok aangehou. Haar gedrag toon meer ooreenkomste met diere as mense en sy loop handeviervoet. Dié drama, ondersoek wat die mens méns maak. “Die stuk vra vrae oor wat menswees nou eintlik is,” sê Rademeyer. “Is dit biologie, is dit taal, is dit hoe ons omgaan met ander mense? Watter eienskappe is eie aan die mens? En is menswees en 'n menslike bewussyn beter as nie-menswees nie, om soos 'n dier in 'n aanhoudende, onbewuste teenwoordige tyd te lewe? Die stuk poog om menswees, die mens, vreemd te maak deur dit wat ons as vanselfsprekend aanvaar, te betwyfel.”


 


Klippe wat val


Kannetjie, ‘n vertandelik gestremde seun woon in ‘n hondehuis op ‘n afgeleë plaas. ‘n Soort Kain en Abel-storie. Kannetjie het ‘n fassinasie met sterre en meteore en dit verwys na die klippe wat val. Sy boesemvriend Abrie keer ná amper 15 jaar terug. As seuns was hulle onafskeidbaar, nou is hulle vreemdelinge vir mekaar. Terwyl die twee terugdelf die verlede in verskiet die een ster ná die ander.


 


Rademeyer het in hierdie twee dramas stories wat ‘n sterk aanspraak maak op temas tussen mens en dier – die grys areas, die korrelasies asook die botsings. En sy skrywerstem is diep gewortel in die natuur buite die metropole of voorstede. Met Wild en Klippe wat val het die opwindende jong dramaturg-regisseur Philip Rademeyer teaterliefhebbers gaande.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Philip Rademeyer is ‘n dramaturg, regisseur en ontwerper. Sy werk word gereeld by feeste en teaters regoor Suid-Afrika opgevoer. Hy het ook al vir radio en televisie geskryf, en sy filmdebuut gemaak as regisseur van die vollengte film Skemerson (Palama Productions). Plaaslik is sy werk al met verskeie toekennings en benoemings bekroon, onder meer by die KykNET Fiëstas, die Fleur du Caps, by die US Woordfees en Aardklop, asook die Nasionale Kunstefees. In 2019 het Klippe wat val die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks gewen, en in 2017 is Wild vir dieselfde prys benoem.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485310549
Author Philip Rademeyer
Dimensions 152 x 222 mm
Format SAGTEBAND
Pages 188
Published Date 1 May 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Dramas
Series No

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.